Nuwe Begin, Ou Probleme So hierdie is my eerstes skrywe vir 2012. Na ‘n besige werkende somervakansie en 3 weke van pret en harde werk met oriëntasie op kampus, het ek weer tyd om agter my rekenaar dit sit. Ek het dit ook goed gedink om bietjie in Afrikaans te skryf, siende dat ons moedertaal soveel lekkerder as Engels is!
Die ou cliché is altyd daar aan die begin van elke Nuwejaar! Ywerig en vol moed begin almal met hulle nuwejaarsvoorneme! Ek was dan natuurlik ook een van daardie ywerige skape wat die trop blindelings navolg met voorneme.
My voornemens het skaars ‘n dag gehou toe ek eerder daarteen besluit het. Ek het lank geswoeg oor die feit dat ek nie kon begryp hoekom ek en ander miljoene mense se voornemens nooit realiseer nie!
Die antwoord was so logies en reg voor my! Almal sien kans vir ‘n nuwe begin! Mense is reg met nuwe besluite, idees en voornemens, solank hulle net dit wat oud en in die verlede is, kan vergeet. Die probleem is egter dat dit nie so maklik is nie.
In laerskool is ons altyd geleer dat as jy klaar was met die dag se werk in jou skrif moes jy ‘n reguit lyn trek wat nou duidelik aandui dat die werk afgesluit is. En daarna begin jy nuut met ‘n nuwe datum en opskrif. As volwassenes net wil onthou om ook eers dinge net af te sluit. Almal wil nuwe datums en opskrifte hê, maar niemand wil eers ‘n lyn na vorige goed trek nie. Jy kan mos nie iets begin as die vorige nie afgehandel is nie!
Ons sien so uit na ‘n nuwe begin dat ons heeltemal vergeet van ons ou probleme! En die probleem met daardie probleme is, is die feit dat dit jou inhaal, want dit gaan nie weg nie!
So my nuwejaarsvoorneme is om nie nuwejaarsvoorneme te hê nie, maar eerder om oujaarsprobleme af te handel en dan ‘n lyn daarna te trek! Eers as dit gedoen is, kan daar met volle aandag en ywer gespring word in ‘n nuwe begin in!
En spring moet jy spring! Want enige begin wat nie dapperheid en durf vereis nie, is nie die moeite werd nie! As jy ‘n goeie begin wil hê dan moet jy spring! Nie almal sien kans om net in nuwe dinge in te spring nie, maar as die oue afgehandel is, hoef jy nie terug te deins nie! Dan kan jy SPRING!
Nuwe Begin, Ou Probleme
So hierdie is my eerstes skrywe vir 2012. Na ‘n besige werkende somervakansie en 3 weke van pret en harde werk met oriëntasie op kampus, het ek weer tyd om agter my rekenaar dit sit. Ek het dit ook goed gedink om bietjie in Afrikaans te skryf, siende dat ons moedertaal soveel lekkerder as Engels is!